Micah 7:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wee my! want ek is soos wanneer hulle die somervrugte insamel, soos die druiwe van die oesjaar; daar is geen tros om te eet nie; my siel het die eersteryp vrugte begeer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit gaan ellendig met my! Ek voel soos iemand in ’n vrugteboord nadat die oes al afgepluk is. Daar het nie ’n trossie druiwe of ’n enkele vy oorgebly wat my honger kan stil nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wee my, want ek het geword soos ndie insameling van somervrugte, soos die natrossies van die wynoes: geen tros om te eet nie, my siel begeer vroeë vye. |
| Afrikaans 1983 | Ellende wag vir my, ek het geword soos 'n land wat afgeoes is, soos die natrossies in die wingerd. Daar is niks om te eet nie, en ek wou graag voorvye gehad het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wee my! Soos ná die insameling van somervrugte, soos ná die oes van die druiwe, is daar geen druiwetros om te eet of vroeë vye wat ek begeer nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit gaan sleg met my! Dit is soos wanneer die mense die koring klaar afgesny het en die laaste druiwe gepluk het. Dan is daar nie meer druiwe of vye om te eet nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Dit gaan nie goed met my nie. Ek voel soos iemand in ’n vrugteboord nadat die oes alreeds bymekaargemaak is. Daar het nie eens vir my ’n trossie druiwe of ’n enkele vy oorgebly om my honger weg te vat nie. |