Micah 6:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die stem van die HERE roep na die stad, en die man van wysheid sal u Naam sien: luister na die staf en wie dit bestem het.
Afrikaans (NLV) 2011 Jerusalem, luister na die Here! Verstandige mense respekteer die Here se Naam. “Neem kennis: van die straf en wie dit veroorsaak.
Afrikaans 1933/1953 Die stem van die HERE roep tot die stad -- dit is heilsaam om u Naam te vrees --: Hoor die roede, en wie dit bestel het.
Afrikaans 1983 Om die Here te dien, dit is wysheid. Die Here roep die stad; luister, leier en julle almal wat aanhou roof:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die stem van die Here roep tot die stad (dit is verstandig om vir u Naam ontsag te hê): “Luister na die straf en wie dit bepaal het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here roep die mense van Jerusalem. Elke mens wat weet wat reg is, moet bang wees vir sy God. Die Here sê: “Luister, koning en almal wat in die stad bymekaar is,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die Here se raad aan die mense van Jerusalem is: ’n mens wat verstandig is, respekteer die Here. Almal wat in die stad bymekaar is, kan gerus maar hoor wat die Here te sê het: