Micah 6:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sal die HERE 'n welbehae hê in duisende ramme, of in tienduisende strome olie? sal ek my eersgeborene gee vir my oortreding, die vrug van my liggaam vir die sonde van my siel?
Afrikaans (NLV) 2011 Sal dit vir die Here aanvaarbaar wees as ons duisende ramme offer of tienduisende strome olyfolie aanbied? Sal dit Hom bly maak as ons ons oudste kinders offer om te vergoed vir ons sonde?
Afrikaans 1933/1953 Sal die HERE 'n welbehae hê in duisende ramme en tien duisende strome van olie? Sal ek my eersgeborene gee vir my oortreding, die vrug van my liggaam vir die sonde van my siel?
Afrikaans 1983 Sal die Here duisende ramme aanvaar saam met tienduisende offers van olie? Moet ek my eersgeborene offer vir my sonde, hom wat uit my liggaam kom, vir my oortreding?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sal die Here genoeë neem met duisende ramme, met tienduisende strome olyfolie? Moet ek my eersgeborene gee vir my oortreding, die vrug van my liggaam vir my eie sonde?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sal die Here hou van 1 000 skaap-ramme, en van 10 000 riviere vol olyf-olie? Moet ek my oudste seun offer omdat ek sonde gedoen het?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Of sal duisende ramme of tien duisende riviere olyfolie die Here tevrede stel? Of beter nog, moet ’n mens jou oudste kind offer om te vergoed vir alles wat jy verkeerd gedoen het?’