Micah 6:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) O my volk, onthou tog wat Balak, die koning van Moab, geraadpleeg het, en wat Bíleam, die seun van Beor, hom geantwoord het van Sittim af tot by Gilgal; sodat julle die geregtigheid van die HERE kan ken.
Afrikaans (NLV) 2011 My volk, onthou julle nie hoe koning Balak van Moab probeer het om ’n vloek op julle te plaas nie? In plaas daarvan het Bileam, Beor se seun, julle geseën. Verder, onthou julle julle reis van Sittim af Gilgal toe? Ek, die Here, het alles in my vermoë gedoen om julle van my getrouheid te leer.”
Afrikaans 1933/1953 My volk, dink tog aan wat Balak, die koning van Moab, beraadslaag het, en wat B¡leam, die seun van Beor, hom geantwoord het, en wat gebeur het van Sittim af tot by Gilgal, sodat jy kennis kan dra van die regverdige dade van die HERE.
Afrikaans 1983 My volk, dink aan die planne van koning Balak van Moab, en wat Bileam seun van Beor hom geantwoord het. Dink aan alles tussen Sittim en Gilgal, en weet dat die Here julle die oorwinning laat behaal het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) My volk, onthou tog wat Balak, die koning van Moab beplan het, en wat Bileam, die seun van Beor, hom geantwoord het. Onthou wat gebeur het van Sittim tot by Gilgal, sodat jy die regverdige dade van die Here kan erken.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “My volk, julle moet onthou wat koning Balak van Moab met julle wou doen en wat Bileam seun van Beor vir hom gesê het. Julle moet alles onthou wat gebeur het tussen die stede Sittim en Gilgal sodat julle kan weet wat die Here gedoen het om julle te red.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Onthou julle nie wat koning Balak van Moab teen julle beplan het nie? Hy wou hê Bileam moes julle vervloek, maar in plaas daarvan het hy julle net goeie dinge toegewens. En verder, onthou julle nie wat alles gebeur het vandat julle van Sittim af getrek het totdat julle uiteindelik by Gilgal aangekom het nie? Dit is belangrik dat julle dit sal onthou, want dit sal julle daaraan herinner dat Ek lojaal aan julle is.’