Micah 6:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want Ek het jou uit Egipteland laat optrek en jou uit die dienshuis verlos; en ek het Moses, Aäron en Mirjam voor jou uit gestuur.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het julle tog uit Egipte gebring, julle uit slawerny gered. Ek het Moses, Aäron en Mirjam gestuur om julle te help.
Afrikaans 1933/1953 Ja, Ek het jou uit Egipteland laat optrek en jou uit die slawehuis losgekoop, en Ek het voor jou uit gestuur Moses, Aäron en Mirjam.
Afrikaans 1983 Ek het jou uit Egipte gebring, Ek het jou uit die plek van slawerny gered, Ek het vir Moses gestuur om jou te lei, ook vir Aäron en Mirjam.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het jou immers laat optrek uit Egipteland, uit die plek van slawerny het Ek jou losgekoop. Ek het Moses, Aäron en Mirjam voor jou uit gestuur.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het julle uit Egipte gebring, Ek het julle vrygemaak uit die plek waar julle slawe was. Ek het gesê Moses en Aäron en Mirjam moet julle lei.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het julle gehelp om uit Egipte pad te gee en vry mense te wees. Ek het daarvoor gesorg dat julle nie langer slawe in Egipte is nie. Ek het Moses, Aäron en Mirjam julle leiers gemaak.