Micah 6:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hoor julle, berge, die twis van die HERE, en julle sterk fondamente van die aarde, want die HERE het 'n twis met sy volk, en Hy sal die stryd voer met Israel.
Afrikaans (NLV) 2011 Berge, vaste fondamente van die aarde, luister na die klag van die Here! Die Here maak ’n regsaak teen sy volk. Hy lê ’n klag teen Israel.
Afrikaans 1933/1953 Hoor, berge, die twis van die HERE! En onwankelbares, grondslae van die aarde! Want die HERE het 'n twis met sy volk en sal met Israel 'n regsgeding hou.
Afrikaans 1983 Berge, vaste fondamente van die aarde, julle moet luister na die saak wat die Here het. Die Here het 'n saak teen sy volk, Hy het Israel aangekla.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Luister, berge, na die aanklag van die Here, luister, onwrikbare fondamente van die aarde! Ja, die Here lê 'n klag teen sy volk; Hy het 'n regsaak met Israel,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Berge, julle is die fondamente van die aarde, julle moet luister na wat die Here sê, want die Here sê sy volk het verkeerd gedoen. Hy vra:
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Berge, julle wat die vaste fondament van die aarde is, luister na die aanklag van die Here teen sy volk. Hy maak ’n saak teen Israel.