Micah 6:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die insettinge van Omri word onderhou en al die werke van die huis van Agab, en julle wandel in hulle raad; dat Ek jou 'n wildernis sou maak en die inwoners daarvan 'n bespotting; daarom moet julle die smaad van my volk dra. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle gehoorsaam net die wette van Omri en volg al die gebruike van Agab se familie na! Ek sal van julle ’n voorbeeld maak en julle verwoes. Hulle sal julle inwoners spot, ander volke sal julle minag.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die insettinge van Omri word onderhou en al die werke van die huis van Agab; en julle wandel ooreenkomstig hulle planne, sodat Ek jou tot 'n woesteny sou maak en die inwoners daarvan 'n bespotting: en die smaad van my volk sal julle dra. |
| Afrikaans 1983 | Jy het Omri se reëlings nagekom, gedoen wat Agab gedoen het, hulle raad gevolg. Daarom sal Ek jou verwoes, Ek sal jou inwoners 'n bespotting maak. Jy sal my volk se vernedering moet dra. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Jy het die wette van Omri onderhou en alles gedoen wat die huis van Agab gedoen het; julle het hulle raad gevolg. Daarom sal Ek jou 'n skrikbeeld maak en die inwoners van die stad die rede vir 'n gefluit. Julle sal my volk se vernedering moet dra. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle het gelewe soos die slegte konings Omri en Agab. Daarom sal Ek vyande laat kom, en hulle sal julle stad verwoes. Hulle sal baie slegte dinge doen aan julle en hulle sal julle spot.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het ’n groot probleem met julle omdat julle dieselfde verkeerde goed doen as wat koning Omri en sy seun Agab gedoen het. Dit is die rede hoekom Ek julle stad gaan verwoes. Ja, Ek gaan julle wat in die stad agterbly, verneder. Mense van ander volke sal na julle kyk en vir julle lag, want hulle dink minder as niks van julle.’” |