Micah 6:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jy sal saai, maar jy sal nie maai nie; jy moet die olywe trap, maar jy mag jou nie met olie salf nie; en soet wyn, maar jy mag geen wyn drink nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle sal saai, maar nie oes nie. Julle sal olywe pars, maar nie genoeg kry om julle te salf nie. Julle sal druiwe pars, maar julle sal nie die wyn drink nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jy sal saai, maar nie maai nie; jy sal olywe uittrap, maar jou nie met olie salf nie, en mos maak, maar geen wyn drink nie. |
| Afrikaans 1983 | Jy sal saai, maar nie oes nie, jy sal olywe pars, maar jou nie met olie insmeer nie, jy sal druiwe pars, maar nie wyn drink nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy sal saai, maar nie oes nie; jy sal olywe pars, maar jouself nie met olie invryf nie; jy sal druiwe trap, maar nie •nuwe wyn drink nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle sal koring saai, maar julle sal nie koring afsny nie. Julle sal olie druk uit die olywe, maar julle sal nie olie kry om aan julleself te smeer nie. Julle sal sap uit die druiwe druk, maar julle sal nie wyn kry om te drink nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle kan maar saad probeer saai, julle sal niks oes nie. Probeer maar olywe pars, julle sal nie eens genoeg olie kry om aan julle te smeer nie. Julle sal druiwe pars, maar dit sal nie sap gee om wyn van te maak nie. Al julle harde werk is verniet. |