Micah 6:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jy sal eet, maar nie versadig word nie; en jou verwerping sal in jou midde wees; en jy sal gryp, maar nie red nie; en wat jy oorgee, sal Ek aan die swaard oorgee.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle sal eet, maar nie versadig word nie. Julle hongerpyne sal nie weggaan nie. Julle sal spaar, maar niks bymekaarmaak nie. Die bietjie wat julle wel oorhou, sal in gevegte tot niet gaan.
Afrikaans 1933/1953 Jy sal eet, maar nie versadig word nie, sodat jou honger in jou binneste bly; en jy sal wegbring sonder om iets te red; en wat jy red, sal Ek aan die swaard oorgee.
Afrikaans 1983 Jy sal eet en nie genoeg kry nie; jy sal honger bly. Jy sal geboortepyne hê, maar nie 'n kind in die wêreld bring nie. En wanneer jy 'n kind in die wêreld bring, gee Ek hom vir die swaard.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy sal eet, maar nie versadig word nie. Hy sal jou binne-in die stad verneder. Jy sal mense verskuif, maar nie na veiligheid bring nie, en wie jy wel beveilig, sal Ek aan die swaard oorgee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle sal eet, maar julle sal nie vol word nie, julle sal honger bly. Julle sal julle goed bêre, maar Ek sal dit gee vir die mense wat teen julle oorlog maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Niks wat julle doen, gaan goed vir julle werk nie. Julle kan maar eet, maar julle honger sal nie oorgaan nie. Wat julle gaan ervaar, is net soos wanneer ’n vrou geboortepyne kry, maar die kind word nie gebore nie. As ’n kind miskien tog gebore word, sal hy in ’n oorlog doodgaan.