Micah 6:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want sy rykes is vol geweld, en die inwoners daarvan het leuens gespreek, en hulle tong is bedrieglik in hulle mond.
Afrikaans (NLV) 2011 Mense in die stad word ryk deur geweld te gebruik. Die inwoners is gewoond om te lieg en te bedrieg.
Afrikaans 1933/1953 Want die rykes in die stad is vol geweld, en die inwoners daarvan spreek leuentaal, en hulle tong is bedrog in hulle mond.
Afrikaans 1983 Die stad se ryk mense pleeg geweld, sy inwoners lieg en hulle bedrieg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die stad se rykes is vol geweld en die inwoners praat leuens; hulle tonge is die ene bedrog in hulle monde.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die ryk mense doen slegte dinge aan die arm mense, en almal in die stad lieg en bedrieg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die ryk mense in die stad kry wat hulle wil hê deur hardhandig met mense te werk. Jerusalem is vol mense wat lieg en bedrieg.