Micah 6:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Is daar nog die skatte van goddeloosheid in die huis van die goddelose, en die geringe mate wat afskuwelik is? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gaan julle ooit ophou om deur kullery ryk te word? In die huise van die oneerlike mense is vals maatbakke en -bekers. |
| Afrikaans 1933/1953 | Is daar nog altyd in die huis van die goddelose skatte van onreg en 'n skrale efa wat vervloek is? |
| Afrikaans 1983 | Goddelose plek, moet Ek die verkeerde maatlyn bly verdra, of die vals inhoudsmaat wat Ek so haat? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Is daar steeds in die huis van die goddelose skatte wat deur onreg verkry is en 'n verkleinde efa, wat vervloek is? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | julle is 'n klomp slegte mense. Ek hou nie daarvan dat julle skelm is wanneer julle iets meet en weeg nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ‘Dink julle een oomblik dat Ek my oë kan sluit vir die verkeerde dinge waarmee julle besig is? Julle word op skelm maniere ryk. Ek kan dit nie verdra dat die maatbakke en bekers wat julle gebruik om iets soos koring of wyn af te meet, vals is nie. |