Micah 5:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) U hand sal opgehef word oor u teëstanders, en al u vyande sal uitgeroei word.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here sê: “In dié tyd sal Ek ook al jou perde en jou strydwaens vernietig.
Afrikaans 1933/1953 En in die dag, spreek die HERE, sal Ek jou perde uit jou midde uitroei en jou strydwaens vernietig.
Afrikaans 1983 Daardie dag, sê die Here, sal Ek jou perde uitroei, jou strydwaens vernietig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Op daardie dag,” is die uitspraak van die Here, “sal Ek jou perde wat by jou is, uitdelg, en jou strydwaens vernietig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die Here sê: “Ek sal daardie dag julle perde doodmaak en julle oorlogkarre verwoes.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En Miga antwoord toe: “Die Here sê: ‘Wanneer die tyd kom waarvan Ek praat, sal die volgende gebeur: Ek sal julle wapens en militêre mag heeltemal vernietig.