Micah 5:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die oorblyfsel van Jakob sal tussen baie volke wees soos 'n dou van die HERE, soos reënbuie op die gras, wat nie vertoef vir 'n mens en nie wag op die mensekinders nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dié van Israel wat oorbly, sal soos ’n sterk leeu tussen die talle volke wees. Die ander volke sal wees soos hulpelose skape, niemand sal hulle kom red nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die oorblyfsel van Jakob tussen die nasies sal onder baie volke wees soos 'n leeu onder die diere van die woud, soos 'n jong leeu onder troppe kleinvee; wat, as hy deurtrek, vertrap en verskeur sonder dat iemand red. |
| Afrikaans 1983 | Dié van Jakob wat oorbly, sal tussen die nasies wees, tussen baie volke, hulle sal daar wees soos 'n leeu tussen wild of tussen 'n trop skape: hy verskeur as hy tussen hulle deurstap, hy vang sy prooi, en niemand kan dit uit sy bek ruk nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die oorblyfsel van Jakob sal tussen die nasies, te midde van baie volke, soos 'n leeu tussen wilde diere wees, soos 'n jong leeu onder 'n trop kleinvee: As hy verbygaan en vertrap en verskeur, is daar niemand wat red nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Israeliete wat nog lewe, sal tussen al die volke wees soos leeus wat tussen wilde diere loop, of soos leeus wat tussen 'n klomp skape loop en hulle doodbyt. Niemand kan die diere uit die leeus se bekke ruk nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die mense van Israel wat oorgebly het, sal onder die nasies wees soos ’n leeu onder wilde diere is. Mense sal vir hulle bang wees omdat hulle sterk is. Hulle sal soos ’n leeu wees onder ’n trop skape wat hulle verjaag en verskeur. Niemand sal kom om hulle te help nie. |