Micah 5:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle sal die land Assirië verwoes met die swaard en die land van Nimrod by die ingange daarvan; so sal Hy ons verlos van Assirië as hy in ons land kom en as hy binne ons grondgebied gaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die mense van Israel wat oorbly, sal tussen die talle volke wees soos dou wat die Here stuur. Hulle sal wees soos reën wat op die gras val. Geen mens het beheer daaroor nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dan sal die oorblyfsel van Jakob onder baie volke wees soos dou van die HERE, soos reënbuie op die plante, wat op geen mens wag nie en ter wille van geen mensekind vertoef nie. |
| Afrikaans 1983 | Dié van Jakob wat oorbly, sal tussen baie volke wees, hulle sal daar wees soos dou wat van die Here af kom, soos stortreëns op groen gras wat nie vir 'n mens wag nie, nie na mense kyk nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die oorblyfsel van Jakob sal tussen al die nasies wees soos dou wat van die Here kom, soos sagte reën op gras, wat niks van 'n mens verwag nie, geen hoop op mense vestig nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Israeliete wat nog lewe, sal wees soos dou wat van die Here kom na baie volke toe. Hulle sal wees soos goeie reën wat die gras groen laat word. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Nee,” antwoord Miga toe, “die waarheid is net mooi andersom. Die mense van Israel wat die straf van die Here oorleef het, sal vir ander nasies baie beteken. Hulle sal soos dou of reën wees wat die Here verniet gee. Hulle is van die Here afhanklik om te lewe.” |