Micah 5:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sal staan en wei in die sterkte van die HERE, in die majesteit van die Naam van die HERE sy God; en hulle sal bly, want nou sal hy groot wees tot aan die eindes van die aarde. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy sal die bron van vrede wees. Wanneer Assirië ons land binneval en deur ons verdediging bars, sal ons meer as sewe herders, selfs agt leiers teen hulle laat veg. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy sal vrede wees. Wanneer Assur in ons land kom en hy ons paleise wil betree, sal ons teenoor hom sewe herders stel, ja, agt vorste uit die mense. |
| Afrikaans 1983 | Hy sal vrede bring. Wanneer Assirië ons land binneval, wanneer hy in ons mooi huise wil ingaan, sal ons baie leiers, genoeg generaals, teen hom uitstuur. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Hierdie een sal ongedeerd wees. Wanneer Assirië ons land binnekom, sy voete in ons vestings sit, sal ons sewe herders, ja, agt stamhoofde uit die mense teen hulle opstel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en hy sal vrede bring. Wanneer die Assiriërs teen ons land kom oorlog maak en hulle wil in ons mooi huise ingaan, dan sal ons, die Israeliete, genoeg leiers hê om teen hulle te veg. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die opponente antwoord toe: “Die mense hoef nie bekommerd te wees nie. As die Assiriërs ons land inval en deur ons verdedigingslinies breek, sal ons genoeg leiers aan ons kant hê om hulle aan te vat. Hulle sal ons beskerm. |