Micah 5:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom sal Hy hulle oorgee tot op die tyd wat sy wat baar gebaar het; dan sal die oorblyfsel van sy broers na die kinders van Israel terugkeer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy sal oor sy kudde regeer met die krag van die Here en die magtige Naam van die Here sy God. Sy volk sal dan veilig kan woon, want hy sal deur die hele wêreld geëer word. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy sal optree en hulle laat wei in die sterkte van die HERE, in die majesteit van die Naam van die HERE sy God; en hulle sal rustig woon, want nou sal Hy groot wees tot aan die eindes van die aarde. |
| Afrikaans 1983 | Hy sal na vore kom en sy volk lei deur die krag wat die Here hom gee, deur die sterkte van die Naam van die Here sy God. Hulle sal woon tot in die uithoeke van die aarde, want hulle leier sal sterk wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy sal optree en as herder lei deur die krag van die Here, deur die grootheid van die Naam van die Here sy God. Hulle sal veilig gevestig wees, want dan sal hy magtig wees tot aan die uithoeke van die aarde. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die nuwe koning sal kom en hy sal sy volk lei. Die Here sal hom help, die Here sal hom sterk maak sodat hy sy volk kan lei. Die volk sal oral op die aarde woon, want die nuwe koning sal sterk wees |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierdie leier sal sy pligte begin en sy mense lei deur die krag wat die Here vir hom sal gee. Die Here sal vir hom die gesag gee wat hy nodig het om die leier van Juda te wees. Die mense van Israel sal met hom as leier baie veilig voel, want oral oor die wêreld sal mense vir hom respek hê. Hy sal sorg dat daar vrede is,” het Miga gesê. |