Micah 5:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar jy, Betlehem-Efrata, al is jy klein onder die duisende van Juda, tog sal hy uit jou uitgaan na My toe wat 'n Heerser in Israel sal wees; wie se uitgange was van ouds af, van ewigheid af.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy sal die mense van Israel uitlewer totdat die vrou wat verwag, geboorte gee. Eers dan sal sy volksgenote terugkeer na die land van Israel.
Afrikaans 1933/1953 Daarom sal Hy hulle prysgee tot op die tyd dat 'n barende gebaar het. Dan sal die oorblyfsel van sy broers saam met die kinders van Israel terugkeer.
Afrikaans 1983 Hy sal sy mense 'n kort rukkie prysgee, so lank as dit 'n vrou neem om 'n kind in die wêreld te bring. Dan sal dié uit sy familie wat die ramp oorleef het, terugkom na die Israeliete toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit is waarom die Here hulle sal oorgee tot die tyd aanbreek vir 'n swanger vrou om geboorte te skenk. Dan sal die res van sy volksgenote terugkeer saam met die Israeliete.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sal sy mense 'n kort tyd los, so lank soos dit 'n vrou neem om 'n baba te kry. Maar dan sal die mense wat nog lewe van die familie, terugkom na die Israeliete toe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vir ’n tyd lank sal die Here sy mense baie swaar laat kry. Dit sal so aanhou totdat hierdie nuwe leier gebore word. Dan sal van die mense van Juda wat deur hulle vyand uit hulle land weggevat is, terugkom sodat hulle weer by hulle eie mense in Israel kan wees.