Micah 5:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal towerye uit jou hand uitroei; en jy sal geen waarsêers meer hê nie;
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal al jou afgode en jou klippilare vernietig. Jy sal nooit weer jou eie handewerk aanbid nie.
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal uit jou midde uitroei jou gesnede beelde en jou klippilare, sodat jy jou nie meer voor die werk van jou hande sal neerbuig nie.
Afrikaans 1983 Ek sal jou afgodsbeelde vernietig, jou klippilare by jou afbreek. Jy sal nie meer jou handewerk aanbid nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal jou afgodsbeelde en gedenkstene wat in jou midde is, uitdelg, en jy sal nie meer voor jou eie handewerk in aanbidding buig nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal julle beelde en julle klip-pale verwoes. Julle sal nie meer buig voor afgode wat julle self gemaak het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Verder sal Ek ook al julle afgodsbeelde en die klippilare vernietig wat julle opgesit het om eer aan die gode te bring. Julle sal nooit weer neerbuig voor die goed wat julle met julle hande gemaak het nie.