Micah 4:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In dié dag, spreek die HERE, sal Ek die wat stil is, bymekaarmaak en die wat verdryf is, en die wat Ek verdruk het, bymekaarmaak;
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here sê: “In die tye wat kom, gaan Ek my mense bymekaarmaak. Dit sluit in die kreupeles wat in ballingskap is en dié wat Ek met rampe getref het.
Afrikaans 1933/1953 In die dag, spreek die HERE, wil Ek versamel die wat kreupel is, en bymekaarmaak wat verdryf was, en die wat Ek kwaad aangedoen het.
Afrikaans 1983 Daardie dag, sê die Here, sal Ek dié wat kreupel is, bymekaarmaak, sal Ek dié wat verstrooi is, vergader, en ook dié wat Ek met rampe getref het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘Op daardie dag,’ ” is die uitspraak van die Here, “ ‘sal Ek die gebreklikes bymekaar maak, die verstrooides versamel, ook hulle wat Ek sleg behandel het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle sê die Here sê: “Daardie dag sal Ek my skape bymekaarmaak. Hulle pote is seer, die vyande het hulle weggejaag na al die kante toe, want Ek het my volk gestraf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Miga antwoord hulle toe: “Die Here sê: ‘Wanneer hierdie tyd kom wat Ek gesê het, sal Ek die mense wat seergekry het toe Ek my volk gestraf het, bymekaarmaak. Ek sal hulle in die ander lande gaan haal waar Ek hulle as vreemdelinge laat swaarkry het.