Micah 4:14 — Compare Translations

5 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (NLV) 2011 Kry jou manskappe gereed vir ’n inval, want ons is omsingel. Hulle sal die koning van Israel met ’n stok in sy gesig slaan.
Afrikaans 1983 Jy is nou vasgevang, rowerstad! Ons word beleër! Die vyand sal die koning van Israel met 'n kierie op die kakebeen slaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sny jouself maar stukkend, strydlustige vrou! Ons word beleër en die regter van Israel word met 'n stok op die wang geslaan!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle sê: “Jerusalem is 'n stad waar daar baie diewe is, en die vyande maak oorlog teen die mense in die stad. Die vyande kom van al die kante, en hulle wil die koning van Israel met stokke teen sy gesig slaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar Miga het vir die mense van Jerusalem gesê dat hulle moet regmaak vir ’n baie moeilike tyd wat voorlê. Dit sal moeilik gaan, want die stad is deur die vyand omsingel. Die vyand sal die koning van Israel verneder deur te wys dat hy nie meer in beheer van sy mense is nie.