Micah 4:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar hulle ken die gedagtes van die HERE nie en verstaan nie sy raad nie, want Hy sal hulle bymekaarmaak soos die gerwe op die vloer.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar hulle weet nie hoe die Here dink nie en verstaan nie sy planne nie. Hy gaan hulle bymekaarmaak soos gerwe op die dorsvloer.
Afrikaans 1933/1953 Maar hulle ken nie die gedagtes van die HERE nie en verstaan nie sy besluit nie, dat Hy hulle versamel het soos gerwe op die dorsvloer.
Afrikaans 1983 Maar hulle ken nie die plan van die Here nie; hulle verstaan nie wat Hy besluit het nie: Hy het hulle soos gerwe op 'n dorsvloer bymekaargebring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Húlle weet egter nie wat die Here beplan nie en hulle verstaan nie sy besluite nie, dat Hy hulle soos gerwe op 'n dorsvloer bymekaargemaak het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar hulle weet nie wat die Here met hulle wil doen nie, hulle verstaan nie die Here se planne nie. Die Here het die volke bymekaargebring soos 'n boer koring-gerwe bymekaarbring op die dorsvloer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar hulle verstaan nie hoe die Here dink of wat sy planne is nie. Hy is van plan om vir hulle die lewe baie moeilik te maak en hulle swaar te straf.