Micah 4:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Nou het ook baie nasies teen jou vergader wat sê: Laat haar verontreinig word, en laat ons oog op Sion kyk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Baie volke het hulle kragte teen jou saamgespan. Hulle soek jou bloed en is gretig om die ondergang van Jerusalem te aanskou. |
| Afrikaans 1933/1953 | En nou is daar baie nasies teen jou versamel wat sê: Laat haar ontheilig word, en laat ons oë met welgevalle neersien op Sion. |
| Afrikaans 1983 | Nou moet baie nasies nog eers teen jou saamstaan, hulle sê: “Ons sal toekyk hoe Sion verontreinig word.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Maar nou span baie nasies teen jou saam, hulle wat sê, ‘Laat Sion maar ontheilig word; ons sal dit met genoegdoening aanskou.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Baie volke het gekom om oorlog te maak teen julle. Hulle sê: “Ons sal die stad oorwin, ons sal sy mure afbreek!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die opponente het gesê: “Dit is nou wel so dat van die nasies hulle kragte saamspan teen Juda en sê: ‘Ons sal met ons eie oë sien hoe hierdie stad ondergaan. En ons sal bly wees!’ |