Matthew 9:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar toe die skare dit sien, was hulle verwonderd en het God verheerlik wat sulke krag aan die mense gegee het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die skare dit sien, het ’n eerbiedige vrees oor hulle gekom en hulle het God geprys omdat Hy aan ’n méns soveel gesag gegee het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe die skare dit sien, was hulle verwonderd en het God verheerlik wat so 'n mag aan die mense gegee het. |
| Afrikaans 1983 | en toe die menigte mense dit sien, het hulle God, wat sulke mag aan mense gee, met eerbiedige vrees geprys. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die skare dit sien, is hulle met diep ontsag vervul, en hulle het God, wat sulke gesag aan mense gee, geprys. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar was baie mense, en almal het dit gesien. Hulle het bang geword en hulle het God geprys omdat Hy vir mense die krag gee om dit te kan doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mense kon hulle oë byna nie glo nie. Met groot respek het hulle gesê: “Nou het ons regtig gesien hoe wonderlik en groot God is. Kyk, Hy gee tot vir ’n mens mag om sulke ongelooflike dinge te doen.” |