Matthew 9:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar dat julle kan weet dat die Seun van die mens mag het om op aarde sondes te vergewe, sê Hy dan vir die verlamde: Staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek gaan nou vir julle bewys dat Ek, die Seun van die Mens, die gesag het om op aarde sondes te vergewe.” Daarna sê Hy vir die verlamde man: “Staan op, vat jou slaapmat en gaan huis toe.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar dat julle kan weet dat die Seun van die mens mag het om op aarde sondes te vergewe -- toe sê Hy vir die verlamde man: Staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis toe. |
| Afrikaans 1983 | Maar Ek gaan nou vir julle die bewys lewer dat die Seun van die mens volmag het om op aarde sondes te vergewe.” Hy sê toe vir die verlamde man: “Staan op, vat jou draagbaar en gaan huis toe.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar sodat julle kan weet dat die •Seun van die Mens volmag het om op aarde sondes te vergewe...” – sê Hy toe vir die verlamde: “Staan op, tel jou slaapmat op en gaan na jou huis.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Ek wil vir julle wys dat Ek, die Seun van die mens, sondes mag vergewe op die aarde.” Jesus sê toe vir die verlamde man: “Staan op, neem jou slaapmat en gaan huis toe.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Seun van die mens het daardie mag. Kyk mooi, Ek gaan dit nou doen sodat julle kan besef met wie julle te doen het. “Staan op!” sê Jesus vir die lam man. “Vat jou matras en stap self huis toe.” |