Matthew 9:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die duiwel uitgedryf is, het die stomme gepraat; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nadat Jesus die duiwel uit hom gejaag het, het die stom man begin praat. Die skare was oorweldig en het gesê: “So iets het nog nooit in Israel gebeur nie!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En nadat die duiwel uitgedryf was, het die stomme gepraat. En die skare het hulle verwonder en gesê: So iets is nog nooit in Israel gesien nie! |
| Afrikaans 1983 | Nadat die bose gees uitgedryf is, het die stom man begin praat. Die menigte het hulle verwonder en gesê: “So iets het nog nooit in Israel gebeur nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Nadat die demoon uitgedryf is, het die stomme begin praat. Die skare was verwonderd en het gesê: “So iets is nog nooit in Israel gesien nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het die duiwel uitgejaag, en toe kon die man praat. Al die mense was baie verbaas en hulle het gesê: “So iets het nog nooit hier by ons, die volk Israel, gebeur nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | dadelik het die man begin praat. Die mense was skoon uit die veld geslaan. “Nog nooit het ons so iets in Israel gesien nie!” het hulle vir mekaar gesê. |