Matthew 9:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar toe hulle weg is, het hulle sy roem in daardie hele land versprei.
Afrikaans (NLV) 2011 Ten spyte daarvan het hulle weggegaan en oral gaan vertel hoe wonderlik Jesus is.
Afrikaans 1933/1953 Maar hulle het heengegaan en Hom in daardie hele land bekend gemaak.
Afrikaans 1983 Maar toe hulle daar weg is, het hulle in daardie hele omgewing van Hom vertel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar hulle het uitgegaan en die nuus oor Hom in daardie hele omgewing versprei.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar toe hulle weggaan van Jesus, het hulle vir almal in daardie deel van die land vertel wat gebeur het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar hulle was kwalik by die deur uit of hulle het daaroor begin praat. Hulle kon dit net nie vir hulleself hou nie. Almal het later daarvan geweet.