Matthew 9:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle oë is geopen; en Jesus het hulle streng bevel gegee en gesê: Pas op dat niemand dit weet nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarop kon hulle sien! Jesus het hulle toe ernstig gewaarsku: “Maak seker dat julle niemand hiervan vertel nie.”
Afrikaans 1933/1953 En hulle oë het oopgegaan. En Jesus het hulle skerp aangespreek en gesê: Pas op, laat niemand dit te wete kom nie.
Afrikaans 1983 Hulle kon toe sien, maar Jesus het hulle baie streng beveel: “Hiervan moet niemand hoor nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En hulle oë is geopen. Jesus het hulle ernstig aangespreek en gesê: “Sorg dat niemand hiervan weet nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle oë het gesond geword, en hulle kon sien. Jesus het ernstig met hulle gepraat en gesê: “Julle moenie vir iemand hiervan vertel nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) hulle kon weer sien. Jesus vra hulle toe baie mooi, maar tog ernstig: “Asseblief, moenie dat iemand agterkom wat hier gebeur het nie.”