Matthew 9:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Hy in die huis ingaan, kom die blindes na Hom; en Jesus sê vir hulle: Glo julle dat Ek dit kan doen? Hulle sê vir Hom: Ja, Here!
Afrikaans (NLV) 2011 Nadat Jesus in die huis gegaan het, kom die blindes na Hom toe. Daarop sê Jesus vir hulle: “Glo julle regtig Ek kan julle gesond maak?” Hulle sê vir Hom: “Ja, Here, ons glo U kan dit doen.”
Afrikaans 1933/1953 En nadat Hy in die huis gegaan het, kom die blindes na Hom toe. En Jesus sê vir hulle: Glo julle dat Ek dit kan doen? Hulle antwoord Hom: Ja, Here.
Afrikaans 1983 Jesus het in die huis ingegaan, en die blindes het daar na Hom toe gekom. Hy vra toe vir hulle: “Glo julle dat Ek dit kan doen?” “Ja, Here,” antwoord hulle Hom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nadat Jesus die huis binnegegaan het, het die blindes na Hom gekom, en Jesus het vir hulle gesê: “Glo julle dat Ek dit kan doen?” Hulle antwoord Hom: “Ja, Here.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Jesus by die huis kom, het die blindes nader gekom na Hom toe. Hy het vir hulle gevra: “Glo julle dat Ek julle gesond kan maak?” Hulle het vir Jesus gesê: “Ja, Here.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jesus vra hulle: “Is julle heeltemal seker dat Ek julle kan help?” Vinnig antwoord hulle: “Natuurlik, Here.”