Matthew 9:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Jesus het hom omgedraai, en toe hy haar sien, sê Hy: Dogter, wees gerus; jou geloof het jou gesond gemaak. En die vrou is van daardie uur af gesond geword. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Jesus omdraai en haar sien, het Hy vir haar gesê: “Skep moed, my dogter. Omdat jy so vas geglo het, is jy nou gesond.” En die vrou was van daardie oomblik af heeltemal genees. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Jesus het omgedraai en haar gesien en gesê: Hou goeie moed, dogter, jou geloof het jou gered. En die vrou het gesond geword van daardie uur af. |
| Afrikaans 1983 | Jesus het omgedraai, haar gesien en gesê: “Wees gerus, dogter, jou geloof het jou gered.” Van daardie oomblik af was die vrou gesond. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jesus het omgedraai, haar gesien en gesê: “Hou moed, dogter, jou geloof het jou gered. ” En van daardie oomblik af was die vrou gesond. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het omgedraai en haar gesien. Toe sê Hy vir haar: “Mevrou, moenie bekommerd wees nie. Jy het nou gesond geword, want jy het geglo.” Die vrou het toe dadelik gesond geword. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesus draai om en kyk vir haar: “Jou dae van bekommernis is verby. Omdat jy so vas geglo het in wat Ek vir jou kan doen, sal daardie siekte jou nooit weer pla nie.” En die vrou was van daardie oomblik af gesond. |