Matthew 9:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want sy het by haarself gesê: As ek maar net aan sy kleed kan raak, sal ek gesond word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | want sy het by haarself gedink: “Al kan ek tog maar net aan sy bo-kleed raak, sal ek gesond word.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Want sy het by haarself gesê: As ek maar net sy kleed kan aanraak, sal ek gesond word. |
| Afrikaans 1983 | Sy het vir haarself gesê: “As ek maar net aan sy klere kan raak, sal ek gesond word.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want, het sy vir haarself gesê: “As ek tog net sy bokleed kan aanraak, sal ek gesond word.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sy het gedink: As ek net aan Jesus se klere kan raak, dan sal ek gesond word. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | sy het geredeneer: “As ek net aan Jesus kan raak, weet ek ek sal gesond word.” Toe Jesus dus opstaan, kry sy haar kans. Sy kom van agter af en vat aan Hom. |