Matthew 9:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En kyk, hulle het 'n verlamde man wat op 'n bed lê, na Hom gebring; en toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde: Seun, hou goeie moed; jou sondes is jou vergewe.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle bring toe vir Hom ’n verlamde man wat bedlêend was. Toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde: “Jongman, skep moed! Jou sondes word jou vergewe.”
Afrikaans 1933/1953 En hulle het 'n verlamde man wat op 'n bed lê, na Hom gebring. En toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy aan die verlamde: Seun, hou goeie moed, jou sondes is jou vergewe.
Afrikaans 1983 Daar het hulle 'n verlamde man wat bedlêend was, na Hom toe gebring. Toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde: “Vriend, wees gerus; jou sondes word vergewe.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En kyk, hulle het 'n verlamde man wat op 'n slaapmat lê, na Hom gebring. En toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde: “Hou moed, kind, jou sondes word vergewe. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense het 'n verlamde man wat op 'n slaapmat lê, na Jesus toe gebring. Jesus het gesien hulle glo Hy kan die verlamde man gesond maak. Toe sê Hy vir die verlamde man: “My vriend, moenie moedeloos wees nie, Ek vergewe jou sondes.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle was skaars daar of die mense het ’n verlamde man na Hom toe gebring. Daardie groepie mense was so vas oortuig dat Jesus die man kon help dat hulle hom persoonlik soontoe gedra het. Hulle het geweet Jesus kon iets vir hom doen. Toe Jesus die gelowige verwagting op hulle gesigte sien, sê Hy vir die verlamde: “Ek gaan jou ’n goeie rede gee om weer te begin glimlag. Ek gaan sorg dat God nie meer vir jou kwaad gaan wees oor jou sonde nie.”