Matthew 9:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Niemand sit 'n stuk nuwe lap aan 'n ou kleed nie, want wat ingegooi word om dit vol te maak, neem uit die kleed, en die skeur word vererger.
Afrikaans (NLV) 2011 Niemand sal tog ’n ou kledingstuk met ’n stuk nuwe, ongekrimpte materiaal lap nie. Die nuwe materiaal gaan immers krimp en losskeur en ’n nog groter gat agterlaat.
Afrikaans 1933/1953 En niemand sit 'n nuwe stuk lap op 'n ou kleed nie; want die aangelapte stuk skeur van die kleed af en daar kom 'n erger skeur.
Afrikaans 1983 “Niemand lap tog ou klere met ongekrimpte materiaal nie, want die nuwe lap skeur die klere nog verder, en die gat word net groter.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Niemand werk 'n ongekrimpte stuk lap op 'n ou kledingstuk vas nie; want die lap trek los van die kledingstuk, en 'n groter skeur ontstaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Niemand maak ou klere reg met 'n stuk lap wat nog nie gekrimp het nie. Wanneer iemand dit doen, dan sal die nuwe lap krimp en die ou materiaal sal ook skeur, en dan sal die skeur groter word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Laat Ek dit so verduidelik: as iemand ’n gat in ’n ou rok regmaak, lap sy dit nie met nuwe materiaal wat kwaai sal krimp nie. Met die eerste was sal daardie nuwe lap mos krimp en ’n yslike gat in die ou rok skeur.