Matthew 9:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die Fariseërs dit sien, sê hulle vir sy dissipels: Waarom eet julle Meester saam met tollenaars en sondaars? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die Fariseërs dit agterkom, vra hulle vir Jesus se dissipels: “Hoe kan julle leermeester met sulke immorele karakters saameet?” |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe die Fariseërs dit sien, sê hulle vir sy dissipels: Waarom eet julle Meester saam met tollenaars en sondaars? |
| Afrikaans 1983 | Toe die Fariseërs dit sien, vra hulle vir sy dissipels: “Waarom eet julle leermeester saam met tollenaars en sondaars?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die •Fariseërs het dit gesien en vir sy dissipels gevra: “Waarom eet julle leermeester saam met tollenaars en sondaars?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Fariseërs het dit gesien en hulle vra toe vir Jesus se dissipels: “Hoekom eet julle meneer saam met tollenaars en sondaars?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Van die Jode wat die wet baie streng gehou het, het Jesus toe saam met al daardie mense aan die tafel sien sit. Dit het hulle laat wonder of Hy dan soos daardie mense wou word, want ’n mens eet mos net saam met goeie vriende. Hulle het by sy dissipels probeer uitvis: “Wat is Jesus besig om te doen? Wat leer hy julle? Waarom is hy so vriendelik met hierdie slegte mense dat hy selfs saam met hulle eet?” Hulle het die dissipels met vrae gepeper. |