Matthew 9:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En terwyl Jesus in die huis aan tafel was, kom daar baie tollenaars en sondaars en gaan sit saam met Hom en sy dissipels.
Afrikaans (NLV) 2011 Matteus het toe ’n groot ete aangebied en, werklikwaar, baie van sy medetollenaars en ander berugte sondaars het gekom en die tafel met Jesus en sy dissipels gedeel.
Afrikaans 1933/1953 En terwyl Hy in die huis aan tafel was, het daar baie tollenaars en sondaars saam met Jesus en sy dissipels aan tafel gegaan.
Afrikaans 1983 Jesus het by hom in sy huis gaan eet, en baie tollenaars en sondaars het saam met Jesus en sy dissipels kom eet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Hy in die huis vir ete aanleun, het daar onverwags ook baie •tollenaars en sondaars opgedaag en saam met Jesus en sy dissipels vir ete aangeleun.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het in Matteus se huis gaan eet. Baie tollenaars en sondaars het ook saam met Jesus en sy dissipels kom eet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle is van daar af na Matteus se huis toe. Daar gekom, nooi Matteus ’n groot klomp van sy vriende vir aandete. Saam met Jesus en sy dissipels was daar natuurlik ook ’n hele klomp mense met wie die Jode nooit eens saam aan ’n tafel gesien wou wees nie. Daar was nog tollenaars en dan ook mense wat deur die Jode as sogenaamde sondaars uitgeskel is. Dit was mense wat nie die Joodse wet so streng gehou het as wat party gedink het hulle moes nie.