Matthew 8:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Jesus sê vir hom: Kyk, jy vertel dit aan niemand nie; maar gaan heen, vertoon jou aan die priester en offer die gawe wat Moses beveel het, as 'n getuienis vir hulle.
Afrikaans (NLV) 2011 Jesus sê toe vir hom: “Sorg dat jy dit vir niemand vertel nie. Maar gaan wys vir die priester dat jy gesond is, en bring die offer wat Moses voorgeskryf het. “So sal jy vir almal duidelik bevestig dat jy gesond geword het.”
Afrikaans 1933/1953 En Jesus sê vir hom: Pas op dat jy dit aan niemand vertel nie, maar gaan vertoon jou aan die priester en offer die gawe wat Moses voorgeskrywe het, tot 'n getuienis vir hulle.
Afrikaans 1983 Jesus sê toe vir hom: “Jy moet dit vir niemand vertel nie, maar gaan wys jou vir die priester en bring die offer wat Moses voorgeskryf het. Dit sal vir die mense die bewys wees dat jy rein geword het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jesus het vir hom gesê: “Sorg dat jy dit vir niemand vertel nie, maar gaan wys jouself vir die priester en bring die offergawe wat Moses voorgeskryf het, as getuienis vir hulle. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het vir die man gesê: “Jy mag vir niemand vertel Ek het jou gesond gemaak nie. Maar gaan wys vir die priester jy is gesond, en bring dan die offer, soos Moses in die wette geskryf het. Dan sal die priesters weet jy het rein geword.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Moet asseblief nie vir almal gaan vertel wat met jou gebeur het nie,” vra Jesus hom toe. “Gaan liewer reguit na die priester toe en wys vir hom jy is gesond. As hy sê dat jou vel weer skoon is en jy weer ’n normale lewe kan lei, gaan bring dan ’n offer soos Moses dit voorgeskryf het. Mense sal dan self besef wat presies met jou gebeur het. Jou dade sal harder praat as jou woorde.”