Matthew 8:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die wat hulle bewaar het, het gevlug en die stad ingegaan en alles vertel en wat met die besetene van die duiwels gebeur het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle oppassers het weggehardloop dorp toe en alles gaan vertel, ook wat met die besetenes gebeur het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die wagters het gevlug; en toe hulle in die stad kom, het hulle alles vertel, ook wat met die besetenes gebeur het. |
| Afrikaans 1983 | Die wagters het weggehardloop dorp toe en alles daar gaan vertel, ook wat met die besetenes gebeur het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die wagters het op die vlug geslaan, en in die dorp alles gaan vertel, ook wat met die besetenes gebeur het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die wagters wat die varke opgepas het, het weggehardloop. Hulle het na die stad gegaan en vir die mense alles vertel wat gebeur het. Hulle het ook vertel wat gebeur het met die twee mense wat die duiwels in hulle gehad het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die varkoppassers het so groot geskrik dat hulle in ’n stofstreep reguit dorp toe is. Daar het hulle die hele storie gaan vertel. Hulle het presies beskryf wat met die twee mans en met die varke gebeur het. |