Matthew 8:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê vir hulle: Gaan. En toe hulle uitkom, het hulle in die trop varke ingegaan, en kyk, die hele trop varke hardloop met geweld van 'n steilte af die see in en vergaan in die water. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het vir hulle gesê: “Maak dan dat julle wegkom!” Hulle het toe uit die twee mense gegaan en in die varke ingevaar. Meteens het die hele trop teen die skuinste af die see ingestorm en in die golwe versuip. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy sê vir hulle: Gaan! Toe gaan hulle uit en vaar in die trop varke in; en daar storm die hele trop varke van die krans af die see in en kom in die water om. |
| Afrikaans 1983 | “Gaan!” het Hy vir hulle gesê. Hulle is toe uit die mense uit en het in die varke ingevaar. Die hele trop het meteens op loop gesit teen die hang af, die see in, en het in die water versuip. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En Hy het vir hulle gesê: “Gaan!” Hulle het toe uitgevaar en weggegaan in die varke in. En kyk, die hele trop het op loop gesit teen die helling af, die see in, en versuip. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus sê toe vir hulle: “Ja, gaan!” Die duiwels het uitgegaan uit die twee mense en hulle het in die varke ingegaan. Al die varke het dadelik teen die berg afgehardloop tot binne-in die water en hulle het verdrink. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Nou maar goed; sorg net dat julle hier wegkom!” sê Jesus. Die demone is daarna uit die mans uit, reguit in die varke in. Die varke het heeltemal mal geword. Hulle het verwilderd op loop gegaan, reguit die see in. Daar het die laaste een van hulle versuip. |