Matthew 8:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het die duiwels Hom gesmeek en gesê: As U ons uitdryf, laat ons toe om in die trop varke in te gaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Die bose geeste het Jesus aangehou smeek: “As U ons wil uitdryf, stuur ons dan in die trop varke in.”
Afrikaans 1933/1953 En die duiwels het Hom gesmeek en gesê: As U ons uitdryf, laat ons toe om in die trop varke te vaar.
Afrikaans 1983 Die bose geeste het Hom gesoebat: “As U ons uitdryf, stuur ons tog in die trop varke in.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die demone het Hom gesmeek: “As U ons uitdryf, stuur ons in die trop varke in!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die duiwels het aangehou om vir Jesus te soebat en te vra: “As U ons uitjaag uit hierdie twee mense, stuur ons dan asseblief in die klomp varke in.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Asseblief, ons vra mooi: as U ons uit hierdie mans verwilder, laat ons tog toe om in daardie trop varke te gaan bly.”