Matthew 8:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Jesus het sy hand uitgesteek en hom aangeraak en gesê: Ek wil; wees jy rein. En dadelik is sy melaatsheid gereinig.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarop steek Jesus sy hand na hom toe uit, raak hom aan en sê: “Ek wil dit vir jou doen. Word gesond!” En dadelik het sy velsiekte verdwyn.
Afrikaans 1933/1953 Daarop steek Jesus die hand uit en raak hom aan en sê: Ek wil; word gereinig! En dadelik is hy van sy melaatsheid gereinig.
Afrikaans 1983 Toe steek Jesus sy hand uit, raak hom aan en sê: “Ek wil. Word gesond!” En sy melaatsheid was onmiddellik weg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het sy hand uitgesteek, hom aangeraak en gesê: “Ek wil – word rein!” En hy is onmiddellik van sy melaatsheid gereinig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het sy hand uitgesteek en aan die man geraak en gesê: “Ek wil dit vir jou doen. Ek maak jou gesond.” Die man het dadelik gesond geword. Hy was nie meer melaats nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jesus sit toe sy hand op die man en sê: “Ek wil dit graag doen. Jy het dit gevra. Toe, hoekom wag jy nog?” Die man kyk toe na homself en sien die wonder: sy vel was glad en skoon. Hy was gesond!