Matthew 8:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Hy aan die oorkant in die land van die Gergesene gekom het, het twee van die duiwels besete Hom tegemoet gekom wat uit die grafte uitgekom het, baie wreed, sodat niemand op daardie pad sou verbygaan nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Jesus oorkant die see in die land van die Gadareners aankom, kom twee duiwelbesetenes uit die begraafplaas Hom tegemoet. Hulle was sulke woestaards dat niemand dit kon waag om daarlangs verby te gaan nie.
Afrikaans 1933/1953 En toe Hy aan die oorkant kom, in die land van die Gadareners, het twee duiwelbesetenes Hom ontmoet, wat uit die grafte uitgekom het en baie kwaai was, sodat niemand met daardie pad kon verbygaan nie.
Afrikaans 1983 Toe Jesus aan die oorkant in die land van die Gadareners kom, het twee mense wat in die mag van bose geeste was, Hom van die grafte af tegemoet gekom. Hulle was baie gevaarlik, sodat niemand dit langs daardie pad kon waag nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Hy aan die oorkant kom, in die gebied van die Gadareners, het twee manne, deur demone besete, uit die rotsgrafte gekom en Hom tegemoet gegaan. Hulle was baie gevaarlik, sodat niemand met daardie pad langs verby kon reis nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het gekom in die land van die Gadareners anderkant die See van Galilea. Twee mense het na Hom toe gekom. Hulle het duiwels in hulle gehad en hulle het tussen die grafte uitgekom. Hierdie mense was baie gevaarlik, niemand kon op daardie pad loop nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kort daarna het Jesus-hulle in die gebied van die Gadareners aangekom. Hulle het skaars daar geland of twee woeste, wreedaardige mans het uit die begraafplaas na hulle toe aangehardloop gekom. Hierdie mans was totaal in die mag van demone. Hulle was baie gevaarlik. Om die waarheid te sê, die mense was so bang vir daardie mans dat hulle glad nie eens meer met dié pad langs wou loop nie. Die twee mans storm toe op Jesus af en gil hard: