Matthew 8:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die manne was verwonderd en het gesê: Wat is hierdie mens, dat selfs die winde en die see hom gehoorsaam is! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die dissipels was oorweldig. “Watter soort mens is Hy dat selfs die winde en die see na Hom luister?” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die manne het hulle verwonder en gesê: Wat vir 'n mens is Hy, dat selfs die winde en die see Hom gehoorsaam is? |
| Afrikaans 1983 | Die mense het hulle verwonder en gesê: “Watter soort mens is hy dat selfs die wind en die see hom gehoorsaam?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die mense was verwonderd en het gesê: “Watter soort mens is dit dié dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die dissipels was baie verbaas en hulle het gesê: “Hy is nie 'n gewone mens nie, ook die wind en die see luister na Hom.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mense was uit die veld geslaan en het uit pure verbasing vir mekaar gevra: “Het julle gesien? Die wind en die see luister na Hom! Wie is Hy? Waar kom Hy vandaan?” |