Matthew 8:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En kyk, daar het 'n groot storm in die see gekom, sodat die skip met die golwe bedek was, maar hy het geslaap. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Skielik het daar ’n hewige storm oor die see opgekom sodat reuse golwe oor die boot gebreek het. Maar Jesus het gelê en slaap. |
| Afrikaans 1933/1953 | En daar het 'n groot storm op die see gekom, sodat die skuit toe was onder die golwe; maar Hy was aan die slaap. |
| Afrikaans 1983 | Skielik het daar 'n hewige storm op die see losgebars, sodat die golwe oor die skuit geslaan het. Maar Jesus het geslaap. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Skielik bars daar 'n hewige storm op die see los, sodat die golwe die boot oorspoel het. Maar Hy het geslaap. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar het 'n baie groot storm op die see gekom en die branders het bo-oor die boot geslaan. Maar Jesus het vas geslaap. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op pad oorkant toe het daar skielik ’n verskriklike storm op die meer losgebars. Die golwe was so hoog dat ’n mens nie eens meer die boot behoorlik kon sien nie. Tog het Jesus gelê en slaap. Hy het mos die vorige nag deurgewerk. |