Matthew 8:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sodat vervul sou word wat gespreek is deur die profeet Jesaja, wat gesê het: Hy het ons krankhede op Hom geneem en ons krankhede gedra.
Afrikaans (NLV) 2011 So het die uitspraak van Jesaja waar geword wat lui: “Hy het ons kwale weggevat, en ons siektes het Hy weggedra.”
Afrikaans 1933/1953 sodat vervul sou word wat gespreek is deur Jesaja, die profeet, toe hy gesê het: Hy het ons krankhede op Hom geneem en ons siektes gedra.
Afrikaans 1983 So is vervul wat deur die profeet Jesaja gesê is: “Hy het ons lyding op Hom geneem, ons siektes het Hy gedra.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) sodat vervul sou word wat deur die profeet Jesaja gesê is: “Hy het ons krankhede weggeneem, en ons siektes het Hy gedra.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het dit gedoen, sodat dit waar kan word wat die profeet Jesaja gesê het: “ Hy het self ons pyn gedra en Hy het ons siektes weggeneem.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Terwyl hulle Jesus so dophou, het hulle begin verstaan wat die groot profeet Jesaja bedoel het: “Waar ons so swak was dat ons nie verder kon nie, het Hy ons weer sterk gemaak. Toe ons platgeslaan was deur siektes, het Hy ons gesond gemaak.”