Matthew 8:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe dit aand geword het, het hulle baie na Hom gebring wat van duiwels besete was; en Hy het die geeste met sy woord uitgedryf en almal wat siek was, genees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Teen die aand het hulle baie duiwelbesetenes na Hom toe gebring. Hy het daardie bose geeste uitgedryf deur hulle aan te spreek en Hy het almal wat siek was, gesond gemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe dit aand geword het, het hulle baie na Hom gebring, wat van duiwels besete was; en Hy het die geeste met 'n woord uitgedrywe; en almal wat ongesteld was, het Hy gesond gemaak, |
| Afrikaans 1983 | Toe dit aand word, het hulle baie wat in die mag van bose geeste was, vir Hom gebring. Hy het die geeste met 'n woord uitgedryf en al die siekes gesond gemaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Teen die aand het hulle baie mense wat deur demone besete was, na Hom gebring. Hy het die geeste met 'n woord uitgedryf, en almal wat siek was, gesond gemaak, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daardie aand het hulle baie mense na Jesus toe gebring, daar was duiwels in die mense. Jesus het met die onrein geeste gepraat en Hy het hulle uitgejaag. Hy het ook al die siek mense gesond gemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mense wou Jesus nie met rus laat nie. Tot diep in daardie nag was Hy nog besig. Veral mense op wie bose geeste ’n houvas gekry het, het na Hom toe gekom. Jesus het dié mense gehelp deur bloot met ’n bevel daardie geeste uit hulle te jaag. Daar was ook baie ander mense wat met allerhande siektes gesukkel het. Een vir een het Jesus hulle gesond gemaak. |