Matthew 8:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Jesus in die huis van Petrus kom, sien Hy sy vrou se moeder lê en siek aan koors.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Jesus by Petrus se huis kom, sien Hy dat Petrus se skoonma met ’n hoë koors siek in die bed lê.
Afrikaans 1933/1953 En toe Jesus in die huis van Petrus kom, sien Hy sy skoonmoeder siek lê aan die koors.
Afrikaans 1983 Toe Jesus in die huis van Petrus kom, sien Hy Petrus se skoonmoeder siek lê met 'n hoë koors.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Jesus •Petrus se huis binnegaan, het Hy Petrus se skoonmoeder siek van die koors sien lê.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het na Petrus se huis gegaan. Hy het gesien Petrus se skoonma is siek in die bed en sy het 'n hoë koors.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Uiteindelik kom Jesus by Petrus se huis aan. Met die intrapslag kon Jesus sommer sien dat Petrus se skoonma glad nie lekker voel nie. Sy was vuurwarm van die koors en het net daar op haar bed gelê.