Matthew 8:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Jesus sê vir die hoofman oor honderd: Gaan heen; en soos jy geglo het, laat dit aan jou gebeur. En sy dienaar is in dieselfde uur genees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarop sê Jesus vir die Romeinse offisier: “Gaan huis toe. Soos jy geglo het, sal dit vir jou gebeur.” En op daardie presiese oomblik het sy slaaf gesond geword. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê Jesus vir die hoofman oor honderd: Gaan, en laat dit vir jou wees soos jy geglo het. En sy kneg het gesond geword in daardie uur. |
| Afrikaans 1983 | Jesus sê toe vir die offisier: “Gaan terug, en wat jy geglo het, sal gebeur.” En sy slaaf het op daardie oomblik gesond geword. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jesus het toe vir die centurio gesê: “Gaan! Dit sal gebeur net soos jy glo.” En sy slaaf het op daardie oomblik gesond geword. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus sê toe vir die offisier: “Gaan terug na jou huis. Wat jy geglo het, sal gebeur.” En sy slaaf het presies op daardie tyd gesond geword. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe draai Jesus weer na die offisier toe. “Gaan maar huis toe. Wat jy so gelowig gevra het, het klaar gebeur.” Sy seun het dadelik gesond geword. |