Matthew 7:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Geveinsde, werp eers die balk uit jou eie oog uit; en dan sal jy duidelik sien om die splinter uit jou broer se oog uit te gooi. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jou skynheilige, haal eers die stomp uit jou eie oog uit. Dan sal jy ook duidelik kan sien om die splinter uit jou medemens se oog te haal. |
| Afrikaans 1933/1953 | Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broeder uit te haal. |
| Afrikaans 1983 | Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog uit te haal. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Skynheilige! Haal eers die balk uit jou eie oog, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog te haal. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As jy dit doen, dan is jy 'n skynheilige mens! Haal eers die groot stuk hout uit jou eie oog. Dan sal jy goed kan sien om die klein stukkie hout uit jou broer se oog te haal. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jou skynheilige! Haal eers die houtstomp uit jou eie oog uit, dan sal jy goed genoeg kan sien om daardie klein splintertjie uit jou vriend se oog te haal. |