Matthew 7:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die reën het neergedaal, en die vloede het gekom, en die winde het gewaai en teen daardie huis geslaan; en dit het geval, en sy val was groot.
Afrikaans (NLV) 2011 Wanneer daar ’n stortbui val, en die vloedwater afkom, en die stormwinde waai, sal daardie huis heeltemal inmekaarstort.”
Afrikaans 1933/1953 En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het geval, en sy val was groot.
Afrikaans 1983 Die stortreën het geval, vloedwaters het afgekom, winde het teen daardie huis gewaai en daaraan geruk, en die huis het ingestort en is heeltemal verwoes.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe die reën begin val en die stormwaters kom en die winde waai en daardie huis tref, het dit ineengestort, en die ineenstorting was geweldig.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit het gereën en die riviere het vol water geword. Die wind het hard gewaai en dit het die huis baie geruk. Die huis het omgeval, en daar het niks oorgebly nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wanneer die reëns en die storms oor julle losbreek, sal julle lewens uiteindelik inmekaarstort. Dan is die doderyk julle voorland.”