Matthew 7:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Baie sal in daardie dag vir my sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer nie? en in u Naam duiwels uitgedryf het? en in u Naam baie wonderwerke gedoen? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Baie sal vir My op die oordeelsdag sê: ‘Here, Here, ons het dan in u Naam gepreek en in u Naam duiwels uitgedryf en in u Naam baie wonders verrig!’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? |
| Afrikaans 1983 | Baie sal daardie dag vir My sê: ‘Here, Here, het ons dan nie in u Naam gepreek nie, deur u Naam bose geeste uitgedryf en deur u Naam baie wonders gedoen nie?’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Baie sal op daardie dag vir My sê, ‘Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam demone uitgedryf en in u Naam baie kragtige dade verrig nie?’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Op die dag van die Here sal baie mense vir My sê: ‘Here, Here, ons het u Naam gebruik om God se boodskap te bring, ons het u Naam gebruik om duiwels uit te jaag uit mense, ons het u Naam gebruik om baie wonderwerke te doen.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan sal al hierdie skynheilige mense voor My kom staan en vir My sê: ‘Here en Meester, onthou U dan nie watter groot dinge ons alles in u Naam gedoen het nie? Ons het gepreek, duiwels uit mense verdryf en allerhande magtige dade gedoen.’ |