Matthew 7:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Nie elkeen wat vir my sê: Here, Here, sal in die koninkryk van die hemele ingaan nie; maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Nie almal wat vir My ‘Here, Here’ sê, sal in God se koninkryk ingaan nie. Wat die deurslag sal gee, is of hulle aan my hemelse Vader gehoorsaam was. |
| Afrikaans 1933/1953 | Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. |
| Afrikaans 1983 | “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Nie elkeen wat vir My sê, ‘Here, Here,’ sal ingaan in die •koninkryk van die hemele nie, maar net diegene wat die wil doen van my Vader in die hemele. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Dit is nie genoeg as iemand vir My sê: ‘Here, Here’ nie. Hy sal nie daarom by God kan kom nie, by God, die Koning wat in die hemel is. God is my Vader, en mense wat by Hom wil kom, moet doen wat Hy wil hê hulle moet doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Wanneer die laaste dag op die aarde aanbreek, sal Ek self kom om oor almal te oordeel. |